Daar hang 'n somberte oor die blou-lug lentedag vandag.Iemand dierbaar is nie meer daar nie ... Dankie Ollie, vir die goeie tye saam: Stoepstories by KKNK; saam met jou en groot storie-kanonne in Windhoek en Witrivier; die TV programme waarin jy ons 'n kans gegee het om ons ding te doen; dat jy meer was as 'n kollega of mede musiekmaker - jy't ons jou hart gewys, en vir ons pasta geleer maak met vars basillieblare, en met soveel liefde jou trekklavier gespeel op elk van ons produksies. Jy't ons gasvry aan huis ontvang en elke kuier by jou was warmhartig en on-opgesmuk, opreg en van kwaliteit. Jou oe het altyd geblink, al was jou hande vol knoppe en seer. Jy't vir my 'n eie naam gegee ..."Lizzie", met drie XXX daarby geteken in jou boek. Dankie. Hoe spesiaal was dit nie. Ons gun jou die hemel, en die rus, en die saamwees met ou-bekende vriende en met Estelle, wat al lankal daar is
|