Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, February 19, 2018
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MY BESTE VIR JESUS in VANDERBIJLPARK
Ons voel al soos ou vriende by die NGKerk Suid, in Vanderbijlpark. Volgende Sondag is ons weer daar met 'n sangdiens vir

Lees Verder...


Pitkos


DIE WINDPOMP
Dis droog. Ek het met U gepraat. My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai. Ek

Lees Verder...


Terugvoering


Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou  nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte So

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


August 27, 2014
LEKKER KUIER KONSERT OP WITPOORTJIE

Saterdag 30 Augustus is ons by die APKerk Witpoortjie, met 'n lekker kuierkonsert. Dit begin 10h00. Bel vir Christo 0837746992.Sondagoggend sing ons by Eureka Gemeente in Bethlehem. Almal is welkom om saam te kom lofprys, dit begin 09h00.Hoe heerlik is dit om gesond te wees, sodat ons so lekker kan rondrits en by ons land se mense kan kuier!


August 19, 2014
Namibie Toer 2014

Namibie 2014

“Wir könnten nur sagen: wir lieben SüdWest!”

Ons het 5000 km afgelêe, vanaf Ariamsvlei in die suide tot by Walvisbaai, en weer uit by Gobabis. ‘n Liefdadigheids toer om fondse in te samel vir behoeftige ouer mense.
Ons het 11 optredes gehad, elkeen ‘n hoogtepunt op sy eie manier.
Die mense van  Namibie het werklik groot waardering vir ons musiek!
… so tussendeur die werk darem baie prêt gehad!

FOTO 1 – die duine oor tot in die Dooie Vlei, Sossusvlei
FOTO 2 – Spitzkoppe, op pad na Hentiesbaai
FOTO 3 – … woestyn!!
FOTO 4 – hulle’t ons geleer visvang op Henties Hierdie kabeljoue het ons self gebraai die aand Lekker!!
FOTO 5 – my eerste ervaring van quadbike ry, Duin 7, Walvisbaai
FOTO 6 – Die tannie van 95 het die oggend ontbyt op Windhoek kom bywoon


August 18, 2014
Wakkerstroom toe!
Eerskomende Sondag oggend 10h00, hou ons 'n lofprysings Sangdiens in die N G Gemeente, Wakkerstroom. Dis 'n gesinsvriendelike diens en ons sal graag die jonger maats ook saam in die kerk wil he. Ons bring altyd voorraad saam, beide Jesusliedjies en Jesusliedjies 2 sal te koop wees teen R100 vir albei. Ons grootmens musiek, Laat die FEES begin, ook beskikbaar @ R100. Dan kuier ons in die JAM ateljee, Sondag aand 24 Augustus, KykNet, kanaal 144.  



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za