Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, August 25, 2019
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Bespreek nou vir Desember
Die jaar vlieg! As jy lus is vir 'n lekker wegbreek na Parys in die Vrystaat gedurende Desember, kontak ons gerus oor o

Lees Verder...


Pitkos


I WILL ...
I will live more true to life I will remember all I can I will grow - Deela Khan

Lees Verder...


Terugvoering


Seniors Paasontbyt, Centurion 16 April
Goeie more! Ai wou gister al vir jou geskryf het. Julle is 'n gedugte span. Ons is oorval met komplimente oor die oggend

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


June 9, 2014
LEKKERLIEDJIE KINDERKONSERT!

ALLE KINDERS!

Julle word uitgenooi na Die LEKKERLIEDJIE KINDERKONSERT , spesiaal vir kleuters en kleiner kinders tot tien jaar oud.

Lekker saamsing-liedjies soos Wielie Walie, Oom Olifant, Pannekoek, Olke Bolke en nog baie ander!! Ook die juffrouens, mammas en oumas, sal dit oneindig geniet!

Elizabeth Fourie sing graag vir kinders en tree gereeld by skole saam met die kinders op.

Haar liedjies speel op TV en die radio,  by die skool, in revues, kunswedstryde en koor-konserte.

Elizabeth het baie kindercd’s, julle kan dit koop teen ‘n spesiale prys van R50!

DATUM:         28 Junie 2014

TYD:              10H00

PLEK:            PIERNEEF TEATER, PRETORIA

TOEGANG:     R50 per kind

Daar sal ook kaartjies by die deur beskikbaar wees

NAVRAE:      Jopie Koen, 012 3290709

Sien julle daar!!!!


June 2, 2014
n Besige Junie maand...?
Normaalweg is Junie en Julie 'n bietjie stiller op die optrede-front, as gevolg van die koue. Maar die jaar, is dit anders. Eerskomende naweek, 6 - 8 Junie, is daar sommer 3 optredes. Vrydag oggend doen ons, saam met Andries Enslin, in samewerking met SenWes Kooperasie in Parys, 'n dankie-sê diens vir boere, na 'n wonderlike oesjaar. Die hele gemeenskap word genooi om die dankie-diens in SenWes se store te kom bywoon. Dit begin om kwart voor agt. Saterdag oggend is dit Rustenburg toe vir die Huppelhoekie Kleuterskool se Ouma en Oupa konsert, en Sondag oggend bied ons 'n Pinkster Feesdiens aan by die N G Kerk Schonkenville, net buite Parys. Almal welkom. Dit begin 11h00.



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za