Uiteindelik! ‘n Opvolg-cd vir “MY BESTE JESUSLIEDJIES”, die gewilde en bekroonde eerste geestelike kinderalbum van Elizabeth Fourie.
MY BESTE JESUSLIEDJIES 2 is vir kinders tot so 10 jaar oud en is propvol splinternuwe, op-en-wakker en vrolike lofliedjies.
Kinders (en grootmense!) gaan ewe lekker saamsing, en sommer ‘n bietjie dans ook!!
Elke liedjie is gekoppel aan ‘n Bybelvers of gedeelte, sodat kinders ook sommer iets byleer sonder dat hulle eers weet.
Die perfekte geskenkie - wat ook ‘n saadjie saai – vir die volgende kind wat verjaar, of vir die kleinkinders wat oorsee bly.
Julle gaan ure se vreugde uit hierdie liedjies put …. en ter selfder tyd kan baie harte vir JESUS gewen word!
Kry “MY BESTE JESUSLIEDJIES 2” by Cum Boeke, of pos-bestel by www.francois-en-elizabeth.co.za
“Kom, laat ons sing – laat ons juig voor GOD en aan HOM die ere bring!” (uit: Laat ons sing, snit 1)
|