Ons het voorwaar die nuwe jaar in gegly, saam met ons pas-getroude kinders, Andre en Liezl. Livigno is ‘n klein dorpie in ‘n winter-wit vallei, in die noorde van Italie. Hier speel mens soos kinders, en geniet die wonder van die skepping op ‘n heel ander manier as in sonnige Suid Afrika. En nou is ons weer reg (..en lus!) vir die jaar wat voorle. Van Maandag af, is ons in die ateljee met die opnames van Jesusliedjies Vol 2.
Hou hierdie spasie dop!
|