Dit was harde, maar lekker werk: ons vier "kindermusiek"- dae by die MamaMagic Expo in die Dome, Northgate. "Dankie!!", was die reaksie - "ons kry nie jou cd's in die winkels nie!" Ou-ou storie. Vandaar, die idee om 'n kindermusiek stalletjie by die Expo te he. En in oor die 600 ekstra huise, motors en klaskamers, speel daar nou van my kinderliedjies. En dit was heerlik om te sien hoe sterk ons jong ouers voel, oor Afrikaans, en oor goeie kindermusiek. So, ek gaan voort: vroeg volgende jaar maak ons "My beste Jesusliedjies" Vol 2 klaar, en dan - nog 'n kinder dvd. En al die swanger mamma's wat die MamaMagic Expo bygewoon het, het ook duidelik gewys dat daar vir my nog 'n hele nuwe geslag "customers" oppad is!!
|