Met die dat Francois en ek nou in die ouma-en oupa-fase is, het KWELA 'n storie kom doen oor die nuwe kinderalbum, SAAMSINGLIEDJIES, wat aan ons kleinkind Johan opgedra is, en sommer oor die lekkerte van familie-wees. Kyk gerus Woensdag aand saam, dis op KykNet, Kanaal 144, om 20h00. Dan doen ons ook Woensdag aand 'n KersSang aand saam met die kinders van laerskool CR Swart in Middelburg, by Ligkruis Gemeente om 18h30. Sondag oggend 24 November, om 10h00, is ons by die Evangelies Gereformeerde kerk in Kroonstad vir 'n Kerssangdiens, en die aand om 18h30 by die NG Kerk Fairland. Almal welkom!!
|