Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


October 28, 2013
Andre en Liezl is getroud!

Liezl & Andre Trou Foto

Nutcracker, 19 Oktober 2013. Wat ‘n mooi dag was dit nie! Hier is sussie Minnette - bruidsmeisie, Ma, Pa en ons baie gelukkige en pragtige bruid – Liezl. Ons is so trots op ons kinders – en ewe trots op die lieflike twee seuns wat deel geword het van ons gesin!


October 28, 2013
KERSFEES KOM, KERSFEES KOM ...
Amper ondenkbaar, maar dis waar:  Kersfees is net om die draai. Ons hou komende Sondag ons eerste van 'n reeks van Kers sangdienste - beginnende by ons tuis gemeente, NG Kerk Parys Wes, 09h00, en die aand by Vierfontein N G Kerk, om 19h00. Almal is welkom om hierdie dienste gratis by te woon en heerlik te kom saamsing,,en die in die gees van die Ware ChristusFees te kom. Besoek gerus ons afdeling oor Optredes, vir 'n volledige uiteensetting waar ons oral gaan wees tot 8 Desember.

October 21, 2013
Dis lekker as die kinders so sing!

  Hierdie week hou ons konsert saam met die kinders van Skuilkrans Laerskool in Pretoria, en ook Curro Kids Roodeplaat. Dis lekker as die kinders so sing!! En dan is almal welkom om saam te kom ontspan met musiek en kuier, by die Herv kerk Zesfontein in Benoni - Saterdag aand 26 Oktober om 19h00. Kontak vir Maryna by 0766189397. Sondag oggend doen ons 'n Lofprysingsdiens by die NG Kerk Villeria... en sal ons nie lofprys, na al hierdie heerlike reen nie! Daar's soveel seeninge!! Die diens begin 09h00 en almal is welkom.


October 14, 2013
TROU-TYD!

Liezl en Andre

Ons Liezl trou Saterdag met André. Ons is gestewel,  gespoor, en gereed. Dis ‘n groot ding…  ‘n mooi storie. Ons is saam met hulle so opgewonde. Nee, ons gaan NIE sing nie, dis te emosioneel!!! Vir Saterdag, is ons net die bruid se ma en pa. Die fokus is op hulle - en op die HERE, wat hierdie Oktober-droom  waar laat word.


October 9, 2013
LAAT DIE FEES BEGIN OP ROSENDAL!

   Hierdie naweek vier N G Kerk Rosendal hulle 100ste bestaansjaar met 'n heerlike kuier naweek. Ons is Vrydag aand daar om die Fees op gepaste wyse met 'n lofsangdiens binne in die kerk te begin. Hoe wonderlik gaan dit nie wees nie! Almal is welkom! Dit begin om 19h00, en daarna word daar heerlik gekuier en ge-eet in die kerksaal. Vir meer inligting oor die Fees, kontak Elsie by 082497882. Ons is ook Vrydag oggend by Kabouterland Kleuterskool op Koppies, vir hulle jaarafsluiting. Die skool nooi die hele dorp uit om te kom kyk hoe mooi hulle kan sing - saam met die "tannie" !!! Dis 10h00 by die Evangelies Gereformeerde Kerksaal.  




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za