Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Wednesday, August 15, 2018
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


September 30, 2013
VAN POTCH TOT KWELA
Ons begin die mooiste mooiste maand Oktober, met 'n verjaardag konsert vir die Potchefstroom Dienssentrum - en Donderdag kuier Chemaine van KWELA saam met ons en kleinkind,  Johan. Te lekker!! Sal julle op hoogte hou wanneer dit uitgesaai gaan word!

September 12, 2013
1000 SAAMSINGLIEDJIES landswyd!

Saamsingliedjies Landswyd

In samewerking met Helpende Hand, versprei E F MUSIEK 1000 SAAMSING LIEDJIES CD'S na Afrikaanse skole wat dit andersins nie sou kon bekostig nie, sodat ons kinders kan SING! Elizabeth en Michelle Burger van Helpende Hand is duidelik opgewonde oor die projek. Solidariteit / Helpende Hand is 'n organisasie vir die behoeftes van ons mense en dis die moeite werd om hulle te ondersteun. Besoek hulle webwerf; jy sal verras wees oor wat alles aangaan! www.helpendehand.co.za


September 9, 2013
AS MENS SE WERK OOK JOU LEKKERKRY IS ....
Hierdie naweek gaan ons na Bronkieland Kleuterskool in Bronkhorstspruit vir 'n lekker kuier saam met die oumas, oupas en kleuters. Op 19 September hou ons 'n oggendkonsert vir al die seniors van Bloemfontein by die NG Kerk Pellissier. Dit begin 10h00 en almal is welkom - kaartjies by die deur.  Donderdag aand 19 September hou ons groot makietie saam met die Weppie Preppie Kleuterskool in GraafReinet. Watter pret gaan dit alles wees! Lekker as mens se werk, ook jou lekkerkry is!!



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za