Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


April 18, 2013
SING EN SING EN SING DAN SAAM ...
Kom kuier eerskomende Vrydag aand 19 April, saam by die A P Kerk Potchefstroom! Bring jou piekniek so by 18h00 se kant; en kom sit sommer en luister en geniet ons musiek! Kontak Alida vir kaartjies by 0825652567. Dan sing die kinders lekker saam by hulle eie kinderkonsert op Grootvlei, by die Hervormde Kerk se gesinsdag. Dis Saterdag 20 April, om 10h00. Kontak Mandie by 0823875308. En Sondag 21 April, is dit ons ouer mense se beurt met 'n lekker middagvertoning by die NG Kerk Arcon park in Vereeniging. Dit begin om 14h00 en daar is kaartjies by die deur.  Ja-nee ... sing gaan ons sing!!

April 18, 2013
SAAMSING LIEDJIES AMPER KLAAR!

Elizabeth en Laerskool Rooihuiskraal 

Die kinders van Laerskool Rooihuiskraal saam met my in Cool Music Ateljees, waar ons werk aan die laaste afronding van "SAAMSING LIEDJIES", 'n nuwe kinderalbum wat so by einde Mei beskikbaar sal wees. "Watch this space: - hier kom heerlike kinderpret!


April 4, 2013
OPSTANDINGS LOF SANGDIENS
Dis wonderlik wat lofsang in 'n gemeente kan beteken. Lees maar die terugvoer, van onder andere die mense van Humansdorp Oos, en ook Sionsrand in Port Elizabeth. Musiek is genesend en raak die hart veel dieper as net woorde alleen. Ons ondervind dat ook in ons eie gemeente, Parys Wes NGKerk, waar ons gereeld  lofsang aande hou, daar so 'n heerlike onderlinge samehorigheid gekom het deur die lof en aanbidding in musiek. Ons het eerskomende Sondagaand die 7de April, weer 'n lofsangdiens in ParysWes, om 18h00. Dis gemaklik, informeel - kom nes jy is. Almal welkom!   



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za