Sondag oggend sing ons saam met die mense van Welkom in die NGKerk Welkom-Suid. Dis 'n gesinsdiens, 'n lofdiens, 'n dankdiens vir die Here. Almal is welkom! Dit begin halftien. Kollekte sal opgeneem word. Ons bring ons geestelike musiek te koop saam. Sien julle daar!
February 11, 2013 DIS 'N JUBELJAAR
Verlede jaar het ons heeljaar gesing: "laat die FEES begin!" ... min wetende, dat ons 'n Feesjaar losgesing het. Ons verwag ons ons eerste klein-kind in Mei, en verwelkom ons tweede skoonseun, Andre, in ons gesin as hy en Liezl in September trou. Hoe se Lydia Winchester altyd: "Have you ever!"