Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Wednesday, August 15, 2018
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


LOFSING DIE OPGESTANE JESUS!
Saterdag aand loof ons die HERE saam met die EGKerk by Eden kampterrein, Moloto, buite Pretoria. Wat 'n voorreg. 

Lees Verder...


Pitkos


saam gevat
bo pad, onder pad altyd-aan-die-wonder pad op al jou lewenspaaie het jy my saam gevat son pad, sukkel pad in-liefde

Lees Verder...


Terugvoering


Nicolette, Aliwal Noord
Hello daar! Ek en my suster het groot geword met julle musiek, dit was ons hoogtepunt van die jaar wanneer Francios &a

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


January 31, 2013
LOFSING DIE HERE!
Sondag aand 3 Februarie loof ons die HERE saam met die N G Kerk Parys Wes. Dis 'n heerlike lofsangaand met die tema: "HOOP vir 2013".  Almal welkom! Dis gemaklik en informeel, kom nes jy is, dit begin 18h00.

January 24, 2013
Dis 'n kinder-jaar!
As ons vir julle 'n bietjie "stil" is hier aan die begin van die jaar, moet julle weet dis omdat daar nuwe dinge broei ... ek werk aan JESUSLIEDJIES 2, en ook aan 'n saamsing-kinder dvd om later vanjaar uit te reik."My beste Jesusliedjies" is baie gewild en dis heerlik om die positiewe terugvoer daaroor te kry. Ek glo ons bereik baie grootmens-harte, deur middel van hierdie eenvoudige kinderliedjies. En so saam met die nuwe kinderliedjies, groei daar ook 'n gesonde ou babatjie in Minnette se magie. As alles goedgaan, word ons eerste kleinkind in Meimaand gebore. Wat 'n vooruitsig! Dis voorwaar 'n kinder-jaar!  

January 14, 2013
VOL PLANNE VIR 2013!

'n BAIE voorspoedige en gelukkige 2013 vir elkeen van julle, ons musiek-vriende! Mag julle vol liefde en vol planne wees - en mag julle GESEEND wees in alles wat julle doen! 




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za