Ons verbaas ons elke keer vir die optimisme en die liefde waarmee mense op die ver-afgelee platteland, vir hulle gemeentes werk. "Kerk" op die platteland, is meer as net "kerk": dis die bymekaarkom van mense met dieselfde passie, dieselfde probleme, dieselfde taal, kultuur en geloof. En "kerk" is die Een ding, wat te midde van baie veranderinge, nog dieselfde bly. Dis 'n anker. Dit inspireer ons! Kyk nou weer vir Hopetown NG Kerk. Hulle reel nie net 'n Kers-sangdiens nie - hulle reel 'n hele kersmark en 'n gemeentekuier, om die Kersgety mee in te lei. Almal is welkom om Saterdag, sommer van die middag af, saam te kom en te geniet! Ons Kers-sangaand begin 18h30 in die kerk. Dit gaan heerlik wees - kom gerus! Dan is ons Sondag oggend, 18 November, met "SOMERKERSFEES" by die A P Kerk Die Kruis in Kimberley, en Sondag aand in die N G Kerk Meyertonpark om 19h00. Hoe heerlik om weer die ou bekende Kersliedere te sing saam met mede gelowiges!
|