Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, October 22, 2019
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MOOISTE MOOISTE MAAND
Tyd vlieg, en hier is Oktober voor die deur. Ons sing Donderdag oggend 2 Oktober om 11h00 by FaerieGlen Aftree Oord, dit

Lees Verder...


Pitkos


Vier fees, ook vandag!
Dra altyd wit klere, volgens Prediker 9:8. Trek feesklere aan - nooi die Here as Eregas na jou lewe. Vra sommer ook of

Lees Verder...


Terugvoering


Seniors Paasontbyt, Centurion 16 April
Goeie more! Ai wou gister al vir jou geskryf het. Julle is 'n gedugte span. Ons is oorval met komplimente oor die oggend

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


October 22, 2012
Kom laat ons sing!

Woensdag aand maak ons lekker musiek saam met die kore van Laerskool Pionier in Volksrust. Dit begin 18h00 en kaartjies is by die deur. En Sondag doen ons 'n Lofsangdiens by die N G Gemeente Benoni-Benjamin. Dit begin 09h00 en almal is welkom!


October 1, 2012
KYK UIT VIR DIE NUWE F A K SANGBUNDEL
As ek terugdink aan gesinstye toe ek nog 'n kind was, onthou ek Sondag middae om die klavier. My ma wat speel, en ons vier kinders al singende uit die F A K. Hoe kosbaar is die lesse wat ek daar geleer het, die liefde wat ek vir eiegoed, taal en musiek ontwikkel het ... en die naby-wees aan mekaar wanneer jy so saamsing. En nou kom die F A K met 'n splinternuwe Sangbundel vol eietydse pragtige nuwe Afrikaanse musiek. Gaan kyk en luister by Aardklop na F A K Fantasties, luister die reeks praatjies op Maandae aande op Radio Pretoria, woon die bekendstelling by op 2 November by die Monument, en skaf hierdie rykdom aan vir jou gesin! Ek is baie trots dat nie minder nie as 7 van my eie liedjies ook daarin opgeneem is. My nalatenskap aan die kinders van my land.  



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za