Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


June 26, 2012
... vanuit 'n ys-koue PAR-YS!!

As daar in die vroeg-oggend so 'n mistigheid oor die rivier aankom, en die ryp staan spierwit oor die veld en die bome, dan weet ons: dis nou tyd om bietjie weg te vlug van hier af! Ons ry die naweek vir 'n blaaskans/ konsert-toer Tsitsikamma toe. Sien julle o a by Jeffreys NG KerkSentrum vir 'n lekker kuier-konsert om 10h00 op 13 Julie, en ook by NG Humansdorp-Oos vir 'n "FEES" sang-diens op Sondag oggend 15 Julie, om 09h00!


June 18, 2012
Carina dans in Phalaborwa
Donderdag middag om 14h00, is dit lekker kuier en konsert in die NGKerksaal, Phalaborwa. Alhoewel die konsert gerig is op ouer mense wat liewer in die dag as in die aand uitkom, is enige iemand welkom - toegang GRATIS!! Dan is ons Sondag aand om 18h00 met ons sangdiens, "laat die FEES begin!" , in die AGS Herlewingsentrum, Pretoria. Almal welkom - daar sal 'n kollekte opgeneem word, en ons nuwe album is te koop @ R100.

June 11, 2012
Letsitele Lofsangdiens!
Verlede keer toe ons by Letsitele AGS opgetree het, het ons die gemeente se besondere mededeelsaamheid beleef. Dis mos groete-en-vrugte-kontrei . Nou werk dit so: as jy in jou boerdery op die oomblik byvoorbeeld 'n oorskot kole het, of lemoene of wat ookal, dan bring jy dit Sondag kerktoe. So kom almal dan met hulle "ekstra's" , en met hulle mandjies, en so kan jy inruil en uitruil en vir jou vir jou enige-iets inpak. Die mense van die straat af, kan ook sommer kry! Hoe goed is dit!! Ons deel Sondag oggend 17 Junie,om 09h00 met die gemeente ons "oorskot" van God's genade en seen in ons lewens, by wyse van 'n sang erediens.Almal is welkom, dit kos niks. Bring definitief vir PA  - dis Vadersdag!! ... Spesiaal ook vir diesulkes,  wat dalk voel dat hulle in hulle lewe erens, alleen,  op 'n "straat" beland het.

June 3, 2012
LAAT DIE FEES BEGIN OP DKNT Gospel!
Ons kuier Sondag 10 Junie om 18h30 by Lindi in die DKNT Gospel ateljee en gesels oor ons nuwe album. 'n Video van die titelsnit, "laat die FEES begin!", is spesiaal vir die doel opgeneem.Jy kan wen! Skakel in - dis op KykNet, kanaal 111.  

June 3, 2012
Wilgespruit Lofsangdiens

Ek werk ‘n lofsang diens uit  vir  volgende Sondag oggend, 10 Junie in Wilgespruit Gemeente, ons tuis-gemeente toe ons nog in Roodepoort gebly het. Ons gaan ons nuwe album sing . Soveel van hierdie album se liedere en inspirasie, kom tog eintlik maar van daar af, daar waar ons soveel van lofprysing geleer het. Daar waar ons geleer het om die teenwoordigheid van die Gees so te geniet, dat ons dit nou landswyd kan aangee en inploeg  in soveel dorre, moedelose kerke en mede-gelowiges, waar ons so dikwels kom.

Maar vir volgende Sondag, het ons ‘n groot verwagting: om vir eens net weer voluit en vrymoedig te kan lofprys in die hart van ‘n gemeente, wat brand van Sy liefde, en waar die Gees van God teenwoordig is. Ons glo tog, dat die Gees van God onmiskenbaar teenwoordig is, waar die lof van die HERE besing word.

Hoe GROOT is ons HERE wat vir my en Francois hierdie heerlike werk gegee het!  Hy stuur ons nie in groot gevare in, om te smokkel met Sy Woord nie. Ons mag openlik gaan,  en ‘n vlag swaai,  en dit uit-SING!!!  Hoe  wonderlik is DIT! PRYS HOM!!

Wilgespruit se diens begin op 08h30, en Sondag aand is ons terug in parys Wes NGKerk, vir 'n lofsangaand om 18h30.

Almal welkom! ... ons lofsing die winter warm!!!




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za