Ja-nee, Parys het sy spierwit ryp-jassie aangetrek, en as die mis vroeg-oggend so opstaan uit die rivier uit, dan weet ons: dis winter! Maar niks het die mense van NG Parys Oosgemeente afgeskrik om gister- oggend kerk toe te kom nie. Ons het ons nuwe album bekend gestel, met 'n Pinkster Sangerediens, en ai, die mense het ons so lekker laat kry deur so hartlik saam te sing en in te leef, dit was werklik 'n FEES!! Hierdie naweek ry ons na Schweizer Renecke vir 'n optrede by die Wildsfees Saterdag aand, en Sondag oggend sing ons om 10h00 by LIGPUNT AGS gemeente. Almal is welkom. Kom ons sing die winterkoue weg!! Ons nuwe cd, "laat die FEES begin" , is te koop @R100. Daar is ook voorraad by CUM Boeke, landswyd.
|