Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, February 25, 2018
[4] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MY BESTE VIR JESUS in VANDERBIJLPARK
Ons voel al soos ou vriende by die NGKerk Suid, in Vanderbijlpark. Volgende Sondag is ons weer daar met 'n sangdiens vir

Lees Verder...


Pitkos


DIE WINDPOMP
Dis droog. Ek het met U gepraat. My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai. Ek

Lees Verder...


Terugvoering


Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou  nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte So

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


December 26, 2011
ONS IS NOG HIER!

Die lewe het soms rondom ons bollemakiesie geslaan, hierdie jaar ... maar ons is nog hier!

Ons dink met soveel mooi herhinneringe terug aan Chris en Minnette se sprokiestroue in April, waaraan ons so hard en so lekker gewerk het; hoe ons na Neil Diamond gaan kyk het in Port Elizabeth; en hoeveel wonderlike ervarings ons in Australie gehad het in Junie.

Ons dink aan al die liefde en hartlikheid waarmee ons ontvang word regoor ons mooi land: en ons het ge"travel"!! : van JanKempdorp tot Bronkhorstspruit; van Phalaborwa tot Richardsbaai ; Swellendam, Leipoldtville;  Nelspruit; Riebeeckstad, Kraaifontein, Bellville, Bredasdorp; Jeffreys ...  hoe lekker warm ons in Porterville gekry het en hoe mooi die Moederkerk op Vredefort en Laingburg is.

Ons is deur potholes en oor grondpaaie en pragtige bergpasse - deur die Seweweekspoort;  en het 'n wonderlike boks uitvoer appelkose by boere in die Vleiland anderkant Laingburg persent gekry. Ons kon gholfspeel op die mooiste bane deur die land, en kon rugbykyk saam met die weskus- manne in Elandsbaai se Hotelkroeg.

Ons is skatryk met al die stories wat ons het om te vertel en skatryk met die wonder van saamwees en saamdoen en saamwerk en Kersfees was toe net so geseend soos wat almal ons toegewens het.

... en ons is nog hier!

Ons kyk opgewonde uit na 2012, met soveel optredes wat alreeds bespreek is, en met die opnames van ons nuwe geestelike album sommer vroeg in Januarie. Ons sien uit om weereens die langpad te vat na ons land se lekker mense wat ons tog so kan bederf met gasvryheid en liefde. Ons is so dankbaar vir al die ondersteuning en entoesiasme en wens almal net die beste toe vir die nuwe jaar!!  


December 9, 2011
WERK-WERK RUS, OF RUS-RUS WERK?
... Francois en ek kon nog nooit besluit nie , omdat ons musiek-"werk" vir ons so lekker is. Nou bly daar nog net twee Kers sangdienste  oor vir die jaar - Sondag 18 Desember by NG Kerk Tsitsikamma om 09h00, en dan Sondag aand 18h00 by NG KerkSentrum in Jeffreysbaai. En verder kry ons onsself gereed vir die groot en opwindende vooruitsig om vroeg volgende jaar 'n nuwe geestelike album op te neem. Tussendeur geniet ons die blou lug en die somerwind van die Tsitsikamma, waar daar (gelukkig) nie elke dag 'n sein is nie!



Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za