"Dit is iets wat jy nooit kan beskryf nie, dis onpeilbaar - jy weet net, dis daar ... as dit Kersfees word, as dit Kersfees word , as dit Kersfees word elke jaar
Daar is iets in die blink van die aandster, daar is iets in die sing van die wind ; as dit Kersfees word, as dit Kersfees word, in onskuldige oe van 'n kind ... " (Uit: As dit Kersfees word - E Fourie)
Kan mens GLO dat ons nou alweer in die Kers seisoen inbeweeg! Ons bied on s eerste van 'n reeks 'n Kers sangdienste aan in Vredefort se pragtige ou moederkerk, om 10h00, op Sondag 6 November. Maak van jou Kersfees hierdie jaar 'n Christusfees - en kom loof die Kind saam met ons! Almal is hartlik welkom.
|