Vir 'n jaar of twee maak jy bymekaar: nuwe liedjies kry vorm in jou hart; flenter-papiertjies met woorde en idees, warrel in die huis en in jou kop rond. En dan op 'n dag, weet jy: die tyd is reg! So saam met hierdie mooi lenteseisoen het dit met ons gebeur. Ons weet ons het die regte materiaal vir 'n nuwe album. 'n Geestelike een, ... inspirerende musiek vir 'n voos en moedelose wereld. So, hou hierdie spasie dop! Ons gaan voluit vorentoe met liedjies soos "My blydskap en kroon" , "Skyn oor my" , " Ek wil die HERE loof" en "Laat die Fees begin". Elkeen 'n juweel in eie reg.
Inderdaad: LAAT DIE FEES BEGIN!
|