Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Wednesday, October 17, 2018
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Deur 2018 op 'n drafstap
Dis 'n besige jaar, baie ekstra dinge tesame met die musiek. Ons het die groot voorreg gehad van 'n besoek aan die Okava

Lees Verder...


Pitkos


BLAPSE IN DIE KERK AFKONDIGINGS
BLAPSE IN DIE AFKONDIGINGS               &n

Lees Verder...


Terugvoering


Irene Reynecke, Nelspruit
Ek glo en vertrou dat dit sommer baie goed gaan daar by julle.Ek het 'n bestelling om te plaas asseblief. Ons luister al

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


June 17, 2011
KINDERPRET OP NOTE!

Ek het gister 'n lekker nuwe kinderprojek saam met Leon Ferreira opgeneem - tradisionele kleuterversies en liedjies, mooi in 'n ge-illustreerde boek, met die cd agterin vir saam kyk, lees, luister, sing en beweeg! RYMPIES VIR KLEUTERS verskyn binnekort en word versprei deur Leserskring, en uitgegee deur Phambili Kinderboeke. Soveel pret vir mamma en ouma om saam met die kleintjies te geniet!

Sondag bied ons 'n spesiale Vadersdag Sangdiens aan in N G Kerk Delareyville Oos.

Dit begin 10h00 en almal is welkom! 

 


June 8, 2011
Toer in Australie

Klein Collage van ons besoek aan Australie 


Perth hier kom ons!  23 Mei 2011... eerste besoek aan Australie.

Perth, Australie


Radio onderhoud met Erika op Radio Freemantle, wat 'n uur per week in Afrikaans uitsaai.

Radio Onderhoud


Ons eerste optrede:  'n Damesoggend in die buitewyke van Perth, 28 Mei 2011. Ons lag en huil saam met die vroue... daar is baie emosie:  heimwee, en groot opgewondenheid tesame.
By ons is Celia van Soul Eevents, wat ons toer gereel het.

Eerste Optrede


Kinderdiens, Sondag oggend 29 Mei, Palmyra Gemeente. "My beste vir Jesus!"
Hoe wonderlik om hier, in jou eie taal, die HERE te loof saam met mede gelowiges!

Kinderdiens, Sondag 29 Mei


Perth is 'n pragtige, water-ryke, skoon stad met groot parke en 'n lekker klimaat. Hier is ons in Kingspark, feitlik in die middestad.

Kingspark, Perth


Vis en chips in Freemantle op die hawe... tipies van Australie!
Dis lekker om goed hier te kry wat mens ken, dit laat "huis" nie so ver voel nie.

Vis en Chips in Freemantle


"Life is layed back down under".... !!!


As die menere weet wat goed is vir hulle, bly hulle liewer uit my balle se pad uit!!!!
Potjie gholf op Margeret River... pragtige dorpie wat jou baie aan Sabie laat dink.

Gholf Potjie op Margeret River.


Fietstoer in Margeret River.... as 'n man honger is, is hy honger!!!

Fietstoer in Margeret River

 




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za