Saterdag oggend 16 April kuier ons in Vereeniging met 'n Oggendkonsert by die Klipkerk, om 10h00. Ons verkoop altyd ons dvd "Hartspore", op ons vertonings teen 'n spesiale prys van R130. Kaartjies by die deure - almal welkom!
Sondag oggend 17 April bied ons 'n lofprysingsdiens aan in die N G Kerk Rayton, om 09h00. Die diens is gerig op die hele gesin met spesiale aandag aan die kleiner kinders!
Sondag aand 17 April doen ons 'n Paas Sangdiens by die Gereformeerde Kerk in Bronkhorstspruit. Dis 'n oop diens en die hele dorp se gemeentes is uitgenooi. Dit begin om 18h00.
|