Francois en Elizabeth bied in samewerking met die THEATRE@BRAK en ART@39LONG kunsgallery in Groot Brakrivier, ‘n bekendstelling van HARTSPORE aan, op Woensdagaand 8 Desember, by THEATRE@BRAK. Die aanbieding sal bestaan uit ‘n verskeidenheid van Francois en Elizabeth se grootste trefferliedjies, lekker vertellings, stories, pitkos, en mooi herinneringe wat die twee op die sang-pad bymekaar gemaak het. Die kaartjie sluit ook ‘n ligte ete in en die bedoeling is dat vriende ‘n kuier-aand saam met mekaar sal kom geniet. Vir die gesellige samesyn, sal daar ook heerlike wyn te koop wees! HARTSPORE sal teen ‘n spesiale openings aanbod van R130 te koop wees, wat ‘n dvd en cd insluit. Daar is ook kindermusiek, bladmusiekboeke en geestelike albums te koop.
KUNS KUIER EN KONSERT begin om 19.30 by Langstraat 39,Groot Brakrivier. Kaartjies kos R120.00 en kan verkry word by ART@39LONG te Langstraat 39,Groot Brakrivier.
Vir enige navrae, skakel Dries by 0825585244 of Elaine by 0825763338.
|