Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Friday, December 14, 2018
[1] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERSFEES KOM ....
Heeltemal te vinnig het nog 'n jaar verby geskiet en hier is ons reeds in die kersgety. Baie dankie aan almal wat ons be

Lees Verder...


Pitkos


BLAPSE IN DIE KERK AFKONDIGINGS
BLAPSE IN DIE AFKONDIGINGS               &n

Lees Verder...


Terugvoering


Irene Reynecke, Nelspruit
Ek glo en vertrou dat dit sommer baie goed gaan daar by julle.Ek het 'n bestelling om te plaas asseblief. Ons luister al

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


August 17, 2010
ONS HET 'N VERLOWING!

"Oom, dis nie al nie, " kondig Chris so 'n paar weke gelede aan in Francois se kantoor, nadat hulle so 'n bietjie na sy mediese versekering gekyk het ... en Francois gaan sit weer, bietjie bekommerd oor wat moontlik alles hier kan uitspring.

Ons het mos nog nie dié pad geloop nie, die pad saam met twee kinders wat nou al 'n jaar of wat met blink oë na mekaar kyk, heeltemal te blink.

"Oom, ek wil met Minnette trou." Man tot man.

Dis moes 'n geheim bly, Francois moes die "tannie" net 'n bietjie voorberei, niemand mag weet nie, veral nie ons meisiekind Minnette nie. So gooi Francois toe daardie aand vir ons twee 'n laat-aand glasie wyn in dat ons dié nuwe ding 'n bietjie kan  oordink.

En so kom hulle toe Sondag hier aan: sy, met die mooiste ringetjie aan die vinger, en ons nuwe seunskind Chris, met 'n kyk in sy oë asof hy nou net die lotto gewen het. Ons geluk ken geen einde nie. Dis trane en lag, en feesvier, en saampraat en droom oor die mooi dag wat kom.

Geluk, Chris en Minnette! Ons wil vir julle so graag dieselfde mooi lewe saam gee, as wat ons bevoorreg was om tot nou toe te hê!

 




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za