SPESIALE KONSERT-AANBOD VIR SENIORS! (druk en gee aan julle Bejaarde-aksie, Aftree oord, of enige Senior-aksies!)
Die gewilde sangpaar Francois en Elizabeth Fourie reik in Julie hulle eerste dvd, HARTSPORE , uit. Dit is ter viering van hulle groot treffer, “Wil jy dans Carina” , wat 21 gelede opgeneem is en kits- bekendheid vir hierdie twee beteken het.
Francois en Elizabeth wil HARTSPORE graag bekendstel met ‘n spesiale optree-aanbod aan getroue ondersteuners, wat hulle musiekloopbaan al vir soveel jare met belangstelling volg. Vir slegs R10 deurgeld per persoon, en R500 deposito om die bespreking te bevestig, kom bied Francois en Elizabeth ‘n oggend-program aan van sowat ‘n uur se ou- en nuwe trefferliedjies, lekker vertellings, stories, pitkos, en mooi hehinneringe wat hulle op die sang-pad bymekaar gemaak het.
Francois en Elizabeth sing sedert hulle studentejare in Pretoria reeds saam. Met die weg-hol sukses van hulle eerste goue treffer "Wil jy dans Carina", het Francois en
Elizabeth se musiekloopbaan oornag vlerke gekry. Meer treffers het gevolg, en vandag is dié twee landwyd geliefd en in aanvraag. Hulle is kort-kort op TV te sien in programme soos Jukebox, Noot vir Noot, DKNT, Roer , en Dis hoe dit is.
HARTSPORE sal teen ‘n spesiale openings aanbod van R120 te koop wees, wat ‘n dvd en cd insluit. Daar is ook kindermusiek, bladmusiekboeke en geestelike albums te koop.
Voorwaardes geld: Die aanbod is geldig vir 2010. Die aanbod is spesifiek gerig op ouer mense, vir ‘n minimum van 150 persone, in die oggend. Die aanbod geld slegs op datums wanneer ons buitendien in julle omgewing is, om vervoerkoste uit te sny. Kaartjies kan teen ‘n hoër bedrag verkoop word, maar verkieslik nie meer as R20 nie.
Kontak: elizabeth@efmusiek.co.za
|