Ons kuier in April lekker rond.
Klerksdorp Biblioteek Dienste bied op die 15de twee kinderkonserte aan in die stadsaal en almal wat nog jonk van gees is, is BAIE welkom om dit saam te kom geniet! Bel vir Heidi, by die biblioteek.
Dan is daar die 16de 'n BESONDERE Paas-aanbieding by die NG Kerk Quellerina in Roodepoort. Ons weet dat hierdie program in die verlede baie harte geraak het. Kom luister en sing lekker saam. Kontak vir Liza by 083 4136617 vir meer inligting.
En Sondag oggend die 17de 09h00 is ons met ons Paas-Sangdiens by Koppies Moedergemeente. Almal welkom! Dit verniet.
Later in die maand, op die 29ste, speel ons weer lekker saam met die kleintjies van Lichtenburg by 'n kinder skou-konsert. Bel vir Alice by 0186325167! Sien julle daar!!
|