As jy nog kaartjies wil kry vir ons dvd opname in die Centurion Teater op 23 Maart, moet jy nou gou spring.
Kaartjies is R100 en besprekings kan by die Teater gedoen word , of by Computicket.
Die vertoning begin 20h00. Kom gerus bietjie vroeer, kry 'n bottel wyn en geniet 'n ligte etetjie saam met vriende!
Ons sien so uit om hierdie lang verwagte dvd uit te reik. Dit gaan meer wees as net ons liedjies. Behalwe dat al die treffers van 21 jaar daarop gaan wees, gaan ons ons storie vertel... staaltjies, snaakse gebeure, wonderlike ervarings op en agter die verhoog ... EN dan is daar nuwe liedjies ook!
Wat 'n voorreg om na 21 jaar so iets te kan saamstel as 'n mooi hehinnering van soveel goeie tye!
Kyk uit daarvoor so van Junie/Julie af.
|