Dis einde Desember ... hoe kan mens glo dat hierdie jaar so vinnig gevlieg het!
Dit was vir ons 'n vol jaar ... en ons kan net dankie sê omdat alles so goed gegaan het.
Ons het oor baie myle veilig gery, ons het op so baie plekke 'n gasvrye en warm ontvangs gekry;
ons het altyd, altyd die Vader se Hand oor ons gehad.
Van Brackenfell tot in Letsitele, van Olifantshoek tot in Secunda, Pietersburg, Ellisras, Bloemfontein, ....
Dankie aan elkeen wat met watter klein of eenvoudige bydrae ookal, ons lewe in hierdie jaar verryk het
met briefies, blommetjies, geskenkies, 'n warm slaapplekkie, 'n lekker botteltjie kontrei-konfyt, ai, dis so kosbaar!
Dankie bo alles, dat julle vir ons bid. Dit is so wonderlik dat daar oral mense is wat vir jou bid.
Ons bid ook vir julle, ons mense, wat na ons kyk met oë vol bewondering, somtyds soekende oë,
partykeer moeë oë, partykeer honger vir Goeie Nuus, soms eensame oë, dan weer blink, onskuldige, opgewonde kinder-ogies
Ons bid ook vir julle elkeen die Christus-vrede,
waarsonder niemand van ons die Kerstyd of die Nuwe Jaar kan binnegaan nie
Francois en Elizabeth
|