Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


November 26, 2009
ONS MAAK 'N DVD!!!

"Carina" is volgende jaar 20 jaar oud.

Dis mos die liedjie wat vir ons die deur oopgemaak het na die musiek wereld

Om dit te vier, wil ons graag volgende jaar 'n dvd uitgee met Carina,

en 'n verskeidenheid van  liedjies wat deur die jare die gewildste was.

Ons gaan 'n konsert opneem vir die doel - jy's welkom om te kom!

Dit gaan 'n lekker kuier-aand wees om tafeltjies, met 'n eetdingetjie en 'n lekker bottel wyn.

Daar is net vir sowat 100 mense plek - bespreek betyds!

CENTURION TEATER

8 FEBRUARIE 2010, 20H00

BESPREKINGS: Centurion Teater - 012 6647859, of Computicket

Ons sal julle graag daar wil sien!


November 10, 2009
ONS REIS EN ROER OP KYKNET!

Dis omtrent 'n ge-reis- en 'n geroer in die Fourie huis hierdie November. 

'n Rekord maand vir optredes, meestal Kers-sangdienste en optredes saam met skole - sien datums by ons optrede-afdeling!!

Dit wissel van Parow tot Pietersburg en ons moet net kop-hou om op die regte tyd op die regte plek te wees.

Dan reis ons ook nog op REISE EN SOETKYSE ...

KYKNET , Sondag oggend 15 NOVEMBER , 08h30

En dis nie al nie ....

FRANCOIS KOOK AFVAL in ROER!

KYKNET, Donderdag 19 NOVEMBER , 20h00

Dan dink mense jy trek Parys toe omdat dit so 'n lekker "aftree-dorpie " is ....?

FOUT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


November 5, 2009
PASSIE-VOL OP FRANCOIS SE VERJAARDAG!

STELLENBOSCH KERSKONSERT

So sing ons toe Dinsdag aand, op Francois se verjaardag, tog te lekker saam met die kindertjies by Laerskool Eikestad in Stellenbosch. Dis 'n Kers-spel, en alles is daar: die engeltjies, die sterretjies, die wyse manne, Maria en Josef by die krip, die skapies - die hele "tutti" ! En ek hou vir Francois dop uit die hoek van my oog: hy sit ewe gedwee op 'n gras-baal tussen die kindertjies, en sing uit volle bors "Al was ek nie daar nie ..." .

En ek dink. Dit kan net passie wees wat 'n man van 54 DIT op sy verjaardag sal laat doen. Ek glo nie daar is baie manne wat daarvoor sal kans sien nie!!

Mooi so Francois!!!




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za