KONSERT VIR ‘N VRIEND
Harte in die vermaaklikheidswêreld is onlangs aangegryp deur die motorongeluk van André van Dyk. André, ‘n klankingenieur van Pretoria is al vir meer as 20 jaar een van die mense wat help om ons land se kunstenaars te laat goed klink op die verhoog. André was egter onlangs in ‘n motorongeluk en is reeds die afgelope 3 maande in die hospitaal aangesien hy as gevolg van die ongeluk tans ‘n onvolledige kwadropleeg is. Bekende sanger, Mathys Roets, ‘n man wat onlangs self deur ‘n soortgelyke trauma is, asook ‘n klompie van André se sangvriende, het besluit om te probeer help met die ontsaglike hoë mediese kostes. Musiekliefhebbers in die Pretoria-omgewing kan dus uitsien na ‘n besondere geleentheid waartydems ‘n klompie kunstenaars saamspan in ‘n Konsert vir ‘n Vriend.
Die kunstenaars wat tydens hierdie konsert optree, is:
Mathys Roets, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Soweto String Quartet, Arno Jordaan, Nadine, Pieter Smith, Eclips, DJ Ossewa, Pieter Koen, Arina de Witt, André Swartz, Sunette Bridges, Lance James, Gerhard Steyn, Ghapi, Blackie Swart, Snotkop, Kevin Leo, Francois en Elizabeth Fourie, Jennifer Zamudio, Riaan Grobler, Thys die Bosveldklong,Tiro, Riaan Swanepoel en die Transoranje Dowes, Nelda, Henk Grimsell, Zandré en Henri Alant.
Die bekende Egoli-ster en komediant, Hennie Smit asook Pieter Koen sal die gashere wees. KONSERT VIR ‘N VRIEND vind op Sondagmiddag, 6 September 2009 om 16:00 in die Aula Ouditorium op die Universiteit van Pretoria–kampus plaas. Die kaartjies kos R110 per persoon (gratis vir kinders onder 2 jaar oud, maar hulle moet dan op hul ouers se skote sit) en besprekings kan gedoen word by COMPUTICKET. Kaartjies kan afgehaal word by ‘n kiosk van Computicket by Shoprite, Checkers of Checkers Hyper Store.
Die naaste ingang vir voertuie na die Aula Ouditorium is op die hoek van Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield, Pretoria.
Vir enige navrae skakel, assseblief vir Paul Jordaan 083 285 8000
***********
|