Maatjies!
Die LEKKERLIEDJIE KONSERT is net vir julle!!!
Liedjies soos Morsjors, Olke Bolke, Dis Sjokolade, en Pannekoekbak is mos lekker om te hoor en saam te sing!
En daar is stories, en speletjies, en pryse om te wen - alles waarvan kinders hou!
Kom Saterdag 10uur na die PIERNEEF TEATER in Pretoria.
Bel sommer nou vir tannie Jopie om kaartjies te bespreek by 012 3290709. Dis kos net R35 vir kinders, en R40 vir grootmense.
Bring tog maar vir Mamma en Pappa ook saam.
Hulle maak maar net of hulle groot is, eintlik wil hulle ook baie graag na die LEKKERLIEDJIE KINDERKONSERT toe kom!!!
Julle kan ook cd's en dvd's koop teen 'N SPESIALE PRYS van R50 of R100.
Ek sien uit om julle almal daar te sien, sjoe, ons gaan dit geniet!
Liefde
Tannie Elizabeth Fourie
|