Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Monday, December 11, 2017
[2] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


January 16, 2009
STER VAN DIE WEEK OP rsg!
DIE LEKKERLIEDJIE KONSERT DVD word volgende week 19 - 23 Januarie, elke dag om 12h00,
bekendgestel op Niekie van den Berg se program STER VAN DIE WEEK op rsg.
Ons gaan deur die loop van die week elke snit op die dvd speel
sodat julle kan hoor watter lekker verskeidenheid daar vir die kinders is!

BONUS!!!!!! Daar word elke dag ook een DVD weggegee as prys .... WEN WEN WEN!!!

DIE LEKKERLIEDJIE KONSERT DVD sluit ook 'n gratis cd in.
Kyk gerus uit vir die vrolike kindergesiggies op die omslag van die dvd. As julle dit nie in die winkel kry nie, dring asseblief aan dat hulle dit bestel vanaf SELECT MUSIEK.   So kan julle baie help en die produk ondersteun!!!

Onthou dat al ons albums in elk geval op die webwerf bestel kan word, as dit vir jou makliker is!
  

January 12, 2009
LEKKERLIEDJIE KONSERT DVD!!!

Wanneer Elizabeth Fourie sing, sing die land se kinders in ‘n koor saam! Hierdie pragtige, sprankelende vrou
se heel nuutste DVD-projek, aangebied as ‘n Lekkerliedjie Konsert,
is pure plesier! Die titel is uiters gepas,
want saam met die pret en kapperjolle,
word die kleingoed getrakteer op ‘n unieke teater ervaring.


Elkeen van die 15 snitte op die DVD is met sorg gekies om ‘n gebalanseerde produk daar te stel.

Deur liedjies te sing, speletjes te speel en stories te hoor, word elke gretige kykertjie betrek by ‘n heerlike, opbouende ervaring. Hierdie DVD is kinderplesier in sy suiwerste vorm.


Nie almal kry dit altyd reg om ‘n kinderproduk ook werklik kindervriendelik te maak nie, maar Elizabeth is suiwer
in die kol met hierdie DVD. ‘n Klompie lekker verrassings duik gedurig
op om die hele proses interaktief
en interessant te hou. Daar is die grapkas, Jollie Patrollie,
wat met sy kaskenades gereedstaan om al die gepaste handgebare te demonstreer – en in die proses kielie hy die kleinspan se lagspiere. Ou oom Klasie se plaas
(waar die diere baas is!)
word besoek, en Ietsie Bietsie Spinnekop maak ‘n gewilde, en beslis treffende buiging
op die
verhoog! Die Tsitsikama-woude se skugter feëtjies en kabouters vier die Reënprinses se verjaarsdag

op toweragtige wyse en die Mossie-span wys hulle talent op die rugbyveld.


Die groot lekkerte van hierdie pragtige DVD, is dat Elizabeth voor elke liedjie met die kinders gesels.

Op hierdie wyse maak sy hulle gereed om behoorlik deel te wees van die insetsel wat volg.


Die groepie kinders van Die Louwtjie Outjies wat op drie nommers deelneem, asook elke gretige

kind in die gehoor, het duidelik net soveel pret soos Elizabeth self.


Alhoewel Elizabeth bekendheid verwerf het as deel van die sang-egpaar Francois en Elizabeth, het haar liefde
vir kinders haar genoop om ook in die kindermark te investeer.
Haar onlangse weghol sukses CD,
My beste Jesus Liedjies, is benoem vir heelparty toekennings
en het sonder twyfel bewys dat sy raakvat in die mark.
Oor haar defnitiewe slag met kinders,
het sy die volgende te sê: “Ek het na hoërskool wiskunde gaan studeer
en daarin klas gegee,
maar my ma het altyd gesê ek is uitgeknip vir ‘n kleuterskoolonderwyseres.”

Sy was reg. Vandag het hierdie innemende vrou met die goue stem dit reggekry om twee passies te kombineer.
Wanneer ‘n mens so ‘n instinktiewe aanvoeling vir iets het, weet jy dat
dit werklik deel is van wie en wat jy is.


Francois is ook heelhartig deel van die konsert. Terwyl hy grotendeels agter die skerms sy vernuf toepas,
maak hy ook ‘n draai in Drie hoeras vir die Mossiespan. Elizabeth gebruik
Francois as ‘n klankbord vir elke liedjie
wat sy skryf en komponeer.
“Ons is al vir amper 30 j vennote en lekker pêlle. Ons vertrou mekaar met alles.”


Sentraal aan elke projek wat Elizabeth aanpak, is haar onwrikbare geloof en danksegging teenoor haar Skepper.
Die liedjie Ek is bly ek ken vir Jesus is ‘n heerlike, vrolike manier vir
Elizabeth en elke kind wat so gelukkig sal wees
om hierdie baie spesiale DVD onder oë te kry,
om dankie te sê vir gawes, talente, lewe en liefde .


Die inspirerende vrou lei soos ‘n moderne fluitspeler die kinders met musiek – nie na die afgrond nie, maar na die lig.


Vir meer inligting, skakel Lydia Winchester by 011 475 2187 / 082 554 8453 of stuur ‘n e-pos na lydiaw@mweb.co.za




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za