Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Sunday, February 25, 2018
[1] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


MY BESTE VIR JESUS in VANDERBIJLPARK
Ons voel al soos ou vriende by die NGKerk Suid, in Vanderbijlpark. Volgende Sondag is ons weer daar met 'n sangdiens vir

Lees Verder...


Pitkos


DIE WINDPOMP
Dis droog. Ek het met U gepraat. My gebede is 'n handvol saad - so lank gelede reeds het ek dit in U tuin gesaai. Ek

Lees Verder...


Terugvoering


Michele, Sutherland
Liewe Francois en Elizabeth, Ek wou  nie voorbarig wees en n skrywe rig nie.Maar julle was absoluut in ons harte So

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


December 9, 2008
BAIE BAIE DANKIE ...
As ons so terugkyk oor die jaar, dink ons aan baie lekker en opwindende dinge.
Soveel heerlike kuiers en optredes by gasvrye mense met warm harte, saam met wie ons kwaliteit tyd kon deurbring. 
Ver paaie na Brandvlei, Kenhardt, Kathu ... dan weer Phalaborwa toe, ons was tot in Pafuri gewees, en Kaaptoe, daar by Wellington se lekker mense.  En dan weer Bosveld toe, waar ons so tuis voel tussen die Vaalbosse.
Dan is ons soms weer ewe gesofistikeerd tussen die stadsmense met hulle proffesionele manier van doen: Centurion Teater, die Linder Ouditorium, Unisa se gehoorsaal... en dan weer in statige kerkgeboue wat van ou geskiedenisse vertel.  
Ons dink aan vreugdevolle kindergesiggies in Middelburg, Bethal en Calvinia,  as ons so saam met die kore sing, en aan menige bosse geurige blomme, en aan pakkies kontrei-kos met soveel liefde gebottel en gestrik, soos nou die dag weer daar in Hartswater en Port Elizabeth.
Ons onthou verrimpelde, maar gelukkige oumens-lywe wat jou vasdruk en jou verseker dat hulle tyd het om vir jou te bid.
Dankie julle almal, vir die liefde wat ons ontvang, vir die warmte van elke dorpie, vir die slaapplek en die kuierplek en dat julle almal saamhelp om ons storie te skryf!
Volgende jaar, as die Here wil, maak ons weer so!!




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za