KINDER DVD OP PAD!
Kyk uit, maatjies, in Oktober kom al die lekkersing liedjies op een dvd:
Pannekoek-bak, Morsjors, Sjokolade, Dierbare Ouma, Vyf Bobbejaantjies, Ek is bly ek ken vir Jesus ...
en nog 'n spul ander!!
Ons het die grootste pret gehad met die opneem van hierdie liedjies.
'n Klompie kleutermaatjies het gekom en was die oulikste gehoor vir die opname van die kinderkonsert.
Die Louwtjie Outjies van Louw Geldenhuys Laerskool, het saam gedans en gesing dat die biesies bewe.
Party maatjies het weer die pragtigste tekenprentjies gebring vir die dvd, en ander het met voorskote en al kom pannekoek-bak!
Ons seuns maats het met rugbytops gekom vir "Drie Hoera's vir die Mossiespan" , en tot vir ons 'n haka gedoen!!!
Nee wat, dit was eersteklas en ek kan nie wag om vir julle te wys hoe mooi alles lyk nie!!!
Hierdie pret-dvd is net die regte Kersfeesgeskenk .
Hou die spasie dop vir 'n spesiale bekendstellings aanbod!
|