Nuusbrokkies
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, December 12, 2017
[3] Visitors Currently Online
Nuusbrokkies
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


KERS-KOORFEES SAAM MET KOLLEGEPARK EN MEER ....
Dinsdag aand 21 November om 18h30, is dit KersKonsert by die new Life Sentrum in Vanderbijlpark, saam met die Kolle

Lees Verder...


Pitkos


om te lag ...
of all the things God created, I am often most greatful He created laughter   -  Charles Swindall

Lees Verder...


Terugvoering


Lappies, Panorama
DANKIE VIR JULLE  E-MAIL.  ONS IS BLY DAT JULLE VEILIG BY JULLE TUISTE IS,  MAAR ALTYD ‘N BE

Lees Verder...

 

Nuusbrokkies


March 7, 2008
gholf is nie vi sissies nie

GHOLF IS NIE VI SISSIES NIE

 

… so het die manne die afgelope week uitgevind by die Skuitbaai Classic wat die reeds vir 20 jaar by die Dirk Fourie Buiteklub in die Tsitsikamma plaasvind.

 

Elizabeth Fourie, bekende sangeres en liedjieskrywer van die sangpaar Francois en Elizabeth , het die gesogte trofee na vier dae se kompeterende spel voor bykans 120 mans-spelers weg geraap.

 

Dit is die eerste keer dat ‘n vrou die kompetisie wen.

 

En dis nie sommer enige speler wat deelneem nie… gesoute spelers soos

 

dr Danie Cronje, Hancke Scheepers, beroepspeler Josef Fourie en oud-rugbyspelers Sakkie de Klerk en  Piet Greyling, is al jare deel van die Skuitbaai Classic tradisie.

 

Elizabeth , wat van ‘n 14 voorgee af speel,  het vir die finale rondte in sterk wind afgeslaan saam met Louis Holtzhausen, 5 voorgee, en Rohan Marais, wat op ‘n +2 speel.

 

“Almal het die hoë verwagting gehad dat ek geskiedenis kan maak as ek die twee manne kan wen, en daar was baie druk op my. ‘n Mens speel nie elke dag teen sulke kaliber spelers nie! Maar toe ek my eerste dryf veilig in die skoonveld het, was ek rustig en ek het net my eie spelpatroon gevolg. Die wind was kwaai, maar ek het ingekom met 35 punte en dit was goed genoeg om my ‘n groot totaal van 148 oor die 4 dae te gee”  

 

 

Elizabeth was deel van ‘n dames-span wat in die vierbal afdeling van die Classic ook stof in die oë van talle mans spanne geskop het deur onder die top-tien te eindig.

 

 

“Ons dames is bevoorreg en dankbaar dat die manne ons speelkans gee in hierdie gesogte kompetisie. Gholf is tans die snel-groeiendste sport onder vroue, en ons wil graag wys waartoe ons instaat is!”

 

      

 

  

 




Archives

 

Nuusbrokkies
©2007 - 2016 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za