Lirieke - Hemeldans
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Wednesday, January 27, 2021
[2] Visitors Currently Online
Lirieke - Hemeldans
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


OPPIRADIO ...saam met Haidee
Noudat ons nie fisies kan konsert hou nie, is ons opgewonde om eerskomende Vrydag aand op rsg saam met Haidee Muller te

Lees Verder...


Pitkos


vandag ...
Ek en jy het iets vir onsself te sê: van vandag af gooi ek die luike van my lewe oop. Nou het ek genoeg gehad va

Lees Verder...


Terugvoering


N G KERK LINDLEY 22 NOV
More Elizabeth, Ons gaan dalk volgende jaar weer kuier. Dit was ongelooflik en ons kan nie uitgepraat raak oor die belew

Lees Verder...

 

Hemeldans Lirieke


EK HOU VAN JOU

Vriende is ‘n vreugde in die lewe
Die vreugde om te weet, jy’s nie alleen
Vriende is die ongekende weelde
Van iemand wat verstaan en ondersteun
Vriende is ‘n rykdom in die lewe
‘n rykdom wat jou Rande nie kan koop
en daarom sing my hart ‘n nuwe liedjie
vir vriende wat getrou hier langs my loop

Ek hou van jou; jy maak my hart so bly
Ek hou van jou – jy’s baie goed vir my
Ek sê dit nou – want more is dit dalk te laat
Ek hou van jou – en wat ookal gebeur
Ek hou van jou – net altyd meer en meer
Ek sê dit nou – want more is dit dalk te laat

Vriende is soos warm winterstruie
wat snoesig oor jou koue skouers vou
vriende deel die draai van die getye
en gee jou soveel mooi om te onthou
vriende is ‘n rykdom in die lewe
‘n rykdom wat jou Rande nie kan koop
en daarom sing my hart ‘n nuwe liedjie
vir vriende wat getrou hier langs my loop!

Ek hou van jou …

 


EK HOOP JY DANS

As die langpad voor jou lê , mag die wind van agter waai
As die donker jou wil hê, mag die son na jou toe draai -
Mag die vensters almal oopgaan as die deure vir jou sluit
As die rooidag vir jou breek - loop die liefde jou vooruit

En ek hoop jy dans, ja ek hoop jy dans
As jy kan kies tussen sit en staan hoop ek jy dans
Ek hoop jy kwê-la, ek hoop jy doen die rittel-twist
Op die maat van daai liedjie in jou hart – ek hoop jy dans!

Mag die lewe jou verras met ‘n pouveer in sy hoed
Mag die lewe jou verbaas met ‘n reënboog in sy groet
Mag die liefde jou bederf met ‘n maat wat in jou glo
Mag die hemel vir jou meer wees as net ‘n stukkie blou daarbo
 
En ek hoop jy dans, ja ek hoop jy dans…

 


BLY BY MY

Ek en jy kom van ver af … deur die lewe se son en reën
Ek en jy het ‘n lang pad geloop … oor die op- en afdraendes heen
Ek en jy ken die wolke …wat jou drome so ver kan waai
Ek en jy ken die winde … wat soms vir jou en soms teen jou draai

Bly by my want ek soek jou naby my
As die skemer oor my daal en die donker my kom haal
Bly by my want ek soek jou naby my tot die laaste sterre val

Ek en jy ken die tale - wat nog dieper as woorde raak
Ek en jy kan verhale vertel wat ‘n stukkende hart heel kan maak
Ek en jy deel geheime van twee siele wat saamleef as een
Ek en jy ken die vreugde as die liefde sy mooi oor ons reën

Bly by my...  2X

 


DOLFYNE

Jy’s oral in my drome jy’s altyd in my kop
Jy het my in jou net gevang my hart is op galop
jy loop op al my strande jy jy’s oral waar ek gaan   
jy het my in die hande waar kom jy tog vandaan
 
Kyk ek na die see, dan sien ek net dolfyne
Kyk ek weer na jou dan weet ek jy is myne
Kyk ek na die son wat opkom oor die duine
Dan voel my hart so bly
Want hierdie dag behoort aan jou en my!

Jy’s oral in my drome jy het my aan die hoek
Ek weet as ek sou wegkruip dan sal jy my kom soek
Ek spartel en ek maak of ek my moeilik sal laat vang
Maar eintlik weet ek lankal dis na jou wat ek verlang

 


HOOR MY HART

Woorde soos riviere stroom deur my
Woorde om te vloei tot dit jou kry
Woorde wat in stiltes lê, woorde wat geen taal kan se
Hoor my liefde, hoor my hart vanaand

Oor die berge, oor die flenter maan
Kom my lied se klank na jou toe aan
In die asem van die wind, sal jy nou my boodskap vind
Hoor my liefde, hoor my hart vanaand

Sluit jou huis se deure vir my oop
Dat ek met my liefde in kan loop
Skink die wyn en brand jou kerse
Speel musiek en lees jou verse …
Hoor my liefde , hoor my hart vanaand

Oor die berge, oor die flenter maan
Kom my lied se klank na jou toe aan
In die asem van die wind, sal jy nou my boodskap vind
Hoor my liefde, hoor my hart vanaand

Sluit jou huis se deure…

 


DROME VAN GISTER

Ek soek maar jou hart is al lank nie meer hier nie
Ek loop maar ek loop hierdie langpad alleen
Ek roep maar jy antwoord al lankal nie meer nie
Ek vra en ek wonder waar is jy dan heen

Ek sing maar my lied is ‘n lied van verlange
Ek leef maar my leef is ‘n blote bestaan
Ek dwaal in ‘n verre verlede se gange
Ek lag maar my lag is ‘n lag met ‘n traan

Drome van gister waai soos ‘n tolbos in die wind
Sirkel en draai sonder om antwoorde te vind
Drome van gister - net ‘n mistigheid voor die maan
Drome van gister so ver hiervandaan …

Ek soek maar jou hart is al lank nie meer hier nie
Ek loop maar ek loop hierdie langpad alleen
Ek roep maar jy antwoord al lankal nie meer nie
Ek vra en ek wonder waar is jy dan heen

Drome van gister …

Ek sing maar my lied is ‘n lied van verlange
Ek leef maar my leef is ‘n blote bestaan
Ek dwaal in ‘n verre verlede se gange
Ek lag maar my lag is ‘n lag met ‘n traan

Drome van gister …

 


GOLDEN OLDIE KEUR

When I was just a little boy I asked my mama what lies ahead
Will I be handsome, will I be rich?
Here’s  what my mama said:
Que sera, sera, what ever will be will be
The future’s not ours to see
Que sera sera – what will be will be
When I was just a little girl I asked my mama what will I be
Will I be pretty, will I be rich
Here’s whar she said to me:
Que sera …

Green grow the lilacs all sparkling with dew
I’m lonely my darling since parting from you
And at our next meeting I hope to proof true
To change the green lilacs for the red white and blue

Catch a falling star and put it in your pocket, save it for a rainy day
Catch a falling star and put it in your pocket, never let it fade away
For love may come and tap you on the shoulder
One starless night
And just in case you feel you wanna hold her –
You’ll have a pocket full of starlight
Catch a falling star and put it in your pocket, save it for a rainy day
Catch a falling star and put it in your pocket, never let it fade away
never let it fade away, never let it fade away…. 

Now when the sun says goodbye to the mountains
And the night says hello to the dawn
I’m alone  with my dreams on the hillptop
I can still hear your voice though you’re gone
I hear from my door a lovesong in the wind
It brings back sweet memories of you …
Quand le soleil dit bonjour aux montagne
je suis seule je me veux penser qu’a toi  

Green green, it’s green they say on the far side of a hill
Green green, I’m going away to where the grass is greener still
To where the grass is greener still
To where the grass is greener still!

 


KLASSIEKE KEUR    

Sul ma-re lu-ci-ca, l’as-tro d’ar gen-to
Pla-ci-daé l’on-da, Pro-speroé il ven-to
Sul ma-re lu-ci-ca, l’a-stro d’ar gen-to
Pla-ci-daé l’on-da Pro-speroé il ven-to
Ve-ni-t e al l’a-gi-le, bar-chel-ta mi-a
San-ta lu cia, san-ta lu-cia!
Ve-ni-t e al l’a-gi-le, bar-chel-ta mi-a
San-ta lu cia, san-ta lu-cia!
Che bel-la co-sa na jur-nata'e so-le,
n'aria se-re-na dop-po na tem-pes-ta!
Pe' ll'aria fres-ca pa-re già na fes-ta...
Che bel-la co-sa na jur-nata 'e so-le.
Ma n'a-tu so-le, cchiù bel-lo, oje ne'.
O so-le mi-o, sta 'n fron-te a te!
O so-le, O so-le mi-o
sta 'n fron-te a te, sta 'n fron-te a te!
Ma n'a-tu so-le, cchiù bel-lo, oje ne'.
O so-le mi-o, sta 'n fron-te a te!
O so-le, O so-le mi-o
sta 'n fron-te a te, sta 'n fron-te a te!

 


SONG VIR CINDY

Cindy die swaarkry is ‘n skadu in jou oë
Cindy ek sien jou hart is seer
Maar Cindy as jy net in die somer kan bly glo
En weet dat wonderwerke nog gebeur

Dan sien jy elke donker wolk het -  tog ‘n rantjie om
Dan weet jy na die winter sal die - lentebloeisels blom
En elke kronkelpaadjie - moet tog iewers heen lei
Cindy - hierdie hartseer - gaan eendag wel verby

Cindy jy dink miskien daar’s niemand wat verstaan
Cindy jy dink jy loop alleen
Maar Cindy as jy net glo dat oral waar jy gaan
Is engele soos vlerke om jou heen

Dan sien jy alke donker wolk het - tog ‘n rantjie om …

 


KON EK MY LEWE WEER OORHê.

Kon ek my lewe weer oor hê,
kon ek weer alles van voor hê –
Dan sou ek meer van die tyd vergeet,
Meer lag, en dans, en roomys eet
Kon ek ‘n nuwe begin hê, dan sou my lewe meer sin hê –
Dan sou ek leef asof  elke dag my heel laaste dag kan wees

En deur die oë van ‘n kind, kan jy ‘n wonderwêreld vind –
dan bring die kleinste ding oneindig grote vreugde
Ons kan tog o, so besig raak
Met goed wat geen mens gelukkig-maak -
En voor jy jou kan kry, is nog ‘n dag vir goed verby….
Kon ek…

Kyk na veld, die berg, die son, kyk hoe die aronskelke blom
Kyk hoe die kinders om jou praat en lag en lewe
Wanneer laas het jy kaalvoet rondgeloop
Of was jou vensters wa-wyd oop
Daar is soveel om te geniet – veel meer as wat geld tog ooit kan bied! 

Kon ek… 

 

SAAM MET JOU

Eenmaal in jou lewe staan daar iemand voor jou deur
wat wonder of hy welkom is of nie
Jy wag al soveel jare dat ‘n wonderwerk gebeur….
Nou vra jy  - is dit waar of is dit nie
Elke dag word ‘n genade elke oomblik ‘n plesier
Elke more nog ‘n nuwe avontuur

Saam met jou kan ek soveel meer vermag
Saam met jou wat my liefhet elke dag
Nou is ek nooit meer alleen – twee is veel beter as net een
Saam met jou wat my hart so goed verstaan
Sal ek my lewe deur wil gaan

Die liefde in my lewe is die vreugde in my hart
‘n vreugde wat gedeel word tussen twee
en vreugde is die rede vir die glimlag om my mond
‘n glimlag wat jou liefde vir my gee
Elke dag is ‘n genade elke oomblik ‘n plesier
Elke more nog ‘n nuwe avontuur

Saam met jou ...

 

WIL JY DANS CARINA

Studente sokkiejol en die saal is lekker vol
Almal draaiend almal swaaiend oor die vloer
Maar die meisie na wie ek die heel aand loer
Wil glad nie dans nie
Magrietjie teen die muur waarom is jy dan tog hier
Waarom kyk jy sonder ophou na die deur
Wag jy vir ‘n ander om te kom maar hy kom nie meer

Wil jy dans Carina, gee net kans Carina
Alles is die moeite werd om te probeer
Dis maklik om te leer, ek vra jou nog ‘n keer
Gee jou hand Carina, net vanaand Carina
Alles is die moeite werd om te probeer,
ek vra jou nog ‘n laaste keer
Die aand is has verby en nog al die tyd sit sy
Klein Magrietjie emt die hartseer in haar oë
Dit is asof sy dit byna nie kang lo dat hy nie kom nie
Sê-nou sy sê ja as ek haar ‘n keer gaan vra
Voor sy dalk besluit om koshuis toe te gaan
En dis net toe sy wou opstaan om te loop dat ek voor haar staan:

Wil jy dans, Carina ...

 

DROOM ELKE DROOM

Kyk na die tyd, die uurglas loop uit – die dag is verby
(nog ‘n dag is vir altyd verby)
wat bly daar oor, wat lê daar voor,  vir jou en vir my
(wat bring more vir jou en vir my)
Vat nou my hand,  ons maak van vannaand nog ‘n nuwe begin
want verby is verby, en hier gaan ek en jy,
die nuwe dag in

Droom elke droom, en volg sy spoor
Tot waar hy gaan, al hoër en hoër
 Wat bly daar eintlik vir ons oor, as ons bly staan ….
Droom elke droom, reik na ‘n ster       
Al lyk dit swaar, al lê dit ver
Dit maak die dag die moeite werd
As ons die lewe vol hoop en drome kan binnegaan!

In ‘n nuwe gety,  gee ek en jy die heel eerste tree
(watter doel kan ons lewe tog hê)
hoekom juis nou word vir my en vir jou, die lewe gegee
(watter taak word vir ons opgelê)
Op ‘n manier, word ons gestuur om ‘n boodskap te dra –
dis die boodskap van vrede, van liefde en hoop vir ‘n wêreld wat vra

Droom elke droom … 

 


CD 2


PRYS DIE LAM    Openb. 5:11,12

Here Jesus ek sien U op die aarde
waar U wandel tussen mense in hul nood
ek sien U Hande, wat aanraak en gesondmaak
ek sien mense wat opstaan uit die dood….
Here Jesus ek sien U op die Kruisweg
ek sien U lyding, hoor U sê “dit is volbring”
en dan hoor ek in die hoogste hoogste hemel
hoe die engel-kore sing:
Halleluja Halleluja –
Halleluja prys die Lam!    - 2X

Here Jesus ek sien U in die Hemel
aan die regterhand van God Almagtig sit
ek sien U glorie, en ook hoe U in liefde
nog altyd vir ons intree, vir ons bid….
Here Jesus ek ken U in my lewe
ek ken genade, en die vrede wat dit bring
en ek wil graag tot in die hoogste hemel
saam met engel-kore sing:

Halleluja, halleluja –
Halleluja prys die Lam!    - 2X

 


KOSBAAR  Jes.43       

Moenie bang wees nie, Ek is by jou
Ek het jou by jou naam geroep en jy behoort aan My
Kyk, Ek verlos jou - deur waters en deur vure
Is Ek altyd aan jou sy

Want jy is vir my kosbaar
jou, wat Ek liefhet, jou wat Ek eer
Jy is vir my dierbaar
Jy is My kind - Ek is  jou Heer
Jy is vir my kosbaar - oor jou reën Ek My seëninge neer

Weet jy nie – het jy nie gehoor nie?
Vir ewig en vir altyd sal Ek steeds dieselfde bly
Ek word nie moeg nie –
en as jy nie meer kan nie, is daar nuwe krag by My
 
Want jy is vir my kosbaar …

 


EK ROEM U NAAM

Ek roem U Naam, ek wil graag sing
Ek wil U eer, U hulde bring
Want daar is trou en liefde by U Heer
           
Ek wil voor U almag buig, met my hele hart getuig
Van U groot ontferming – genade vir ‘n sterfling
 Ja daar is geen einde aan U liefde nie
       
My diepste nood bring ek voor U
Ek bid tot U, ek vra U Heer
Sien my tog raak – genees my grootste seer
Ek wil voor U amag buig …



WHAT A LOVELY MEDLEY

What a lovely Name the Name of Jesus
Reaching higher far, than the brightest star
For it is sweeter than the songs they sing in heaven
Let the world proclaim – what a lovely Name!
He made the stars to shine, He made the rolling sea
He made the mountains high – and He made me
And this is why I love Him, for me He bled and died
The Lord of all creation became the crucified!

He’s got the whole world in His Hands   4X
2X
Put your hand in the  Hand of the Man who still the water
Put your hand in the Hand of the  Man who calm the sea
Take a look at yourself, and you can look at others differently
Put your hand in the Hand of the Man from Galilea
2X
All over the world the Spirit is moving
All over the world as the prophet said it would be
All over the world there's a mighty revelation
Of the glory of the Lord, as the waters cover the sea
Deep down in my heart the spirit is moving
Deep down in my heart, as the prophet said it would be
Deep down in my heart there's a mighty revelation
of the glory of the Lord, as the waters cover the sea

Then sings my soul my Saviour God to Thee
How great Thou art, how great Thou art
Then sings my soul, my Saviour God to thee
How great Thou art – how great Thou art!

 


HIERDIE JESUS     Matt. 8:27

Wie is hierdie Jesus, wat stormwinde stilmaak
Wie is Hy, wat siekes en kreupeles kom aanraak
Wie is hierdie Jesus, dat mense Hom wil kruis -
Wie is Hy dat engele Hom prys?

Hy is die groter liefde, die lewensbrood en wyn
Die waarheid en die Wysheid, die môrester wat skyn
Hy kom weer op die wolke - en elke knie sal buig
Diè wat Hom gevolg het - sal ewig jubel en juig!

Wie is U o Jesus, wat op die aandwind fluister
Wie is U o Jesus, wat lig bring in my duister
Wie is U o Jesus, wat sterf in soveel smart
En wie is U  wat leef hier in my hart

U is die groter liefde, my lewensbrood, my wyn
My Waarheid en my Wysheid, my Môrester wat skyn
U kom weer op die wolke - en elke knie sal buig
Diè wat U gevolg het - sal ewig jubel en juig!

 

DINK AAN JOU SKEPPER      Pr.12

Dink aan jou Skepper terwyl jy nog kan
Hoor jy Sy roepstem, Hy fluister jou naam
Die lewe in oorvloed, van sonde bevry -
Vir almal wat trou aan Hom bly
Dink aan jou Skepper al is jy nog klein
Hy wil jou gebruik om Sy lig te laat skyn
Wie weet wat more en oormore wag -
Dink aan jou Skepper vandag

( en Here dink aan my … wanneer U in U Ryk kom
Here dink aan my - dink ook aan my…)

Dink aan jou Skepper, laat Hy jou genees
Van sonde en seerkry, van hartseer en vrees
Verdwaal in die donker, verlore en ver -
Hy is jou blink morester
Dink aan jou Skepper en loop met Hom saam
Prys Hom vir ewig - verheerlik Sy Naam
Hy kom op die wolke vir almal wat wag -
Dink aan jou Skepper vandag 3X

 

 


 

GOD BE WITH YOU

God be with you till we meet again
By His council's guide uphold you
In His Hands securely fold you
God be with you till we meet again
Till we meet, till we meet, till we meet at Jesus feet
Till we meet, till we meet - God be with you till we meet again

God be with you till we meet again
Need His wings protect and guide you
Daily matters still provide you
God be with you till we meet again
Till we meet, till we meet …

 


HANDE  Luk. 23: 46

Die hande van my Here is soos wolke
Ek lê my in hul sagte koeltes neer
Die hande van my Here is ‘n lafenis vir my gees
Ek rus graag in die Hande van my Heer
Rus graag in die Hande van my Heer
Rus graag in die Hande van my Heer
Die hande van my Here is soos wolke
En ek rus graag in die hande van my Heer

Die hande van my Here is soos vlerke
Ek vlieg graag na die hoogtes met Hom saam
Die hande van my Here lig my op waar ek wil wees
Dan sweef ek op die hoogtes van Sy Naam
Sweef ek op die hoogtes van Sy Naam
Sweef ek op die hoogtes van Sy Naam
Die Hande van my Here is soos vlerke
En ek sweef graag op die hoogtes van Sy Naam

Die hande van my Here is soos berge
‘n vesting wat my elke dag bewaar
Die hande van my Here druk my sagkens teen Sy bors
So veilig teen die storms en gevaar
Veilig teen die storms en gevaar
Veilig teen die storms en gevaar
Die hande van my Here is soos berge
Ek is veilig teen die storms en gevaar…

 


ALMAL WAT DIE HERE LIEFHET

Almal wat die Here liefhet, staan maar nader   2X
Staan maar nader, staan maar nader  - 2X
Almal wat die Here liefhet, klap julle hande saam – 2X
Klap julle hande saam, klap julle hande saam – 2X
Almal wat die Here liefhet, sing halleluja  - 2X
Sing halleluja, sing halleluja – 2X
Die Here wat ons dien, Hy is so wonderbaar – 2X
Hy haal ons uit die dode, Hy sit ons in die lewe – 2X
Ons gaan krone dra, ons gaan krone dra
Die dag as Jesus terugkom, ons gaan krone dra
2X
Almal wat die Here liefhet, staan maar nader – 2X
Staan maar nader, staan maar nader – 2X
Staan maar nader, staan maar nader – 2X

 

LAPPIESLIEFDE

Die liefde kom so stuk vir stuk jou lewe ingeloop
en mettertyd word liefdeslappies aanmekaar geknoop…
die liefde van ‘n ouma, of ‘n kind, ‘n vriend, ‘n vrou -
is eintlik ‘n kombersie, wat warm om jou vou
Kombersie van die liefde rondom my
Kombersie van die liefde rondom jou…

Die liefde val soos manna uit die hemel op ons neer
en elke stukkie liefde - net genade van die Heer
en as ek na die lappies in my bont-kombersie kyk
dan weet ek so ‘n bietjie hoe die hemel eintlik lyk
Kombersie van die liefde rondom my
Kombersie van die liefde rondom jou….

 
DIE HEMEL HET ‘N NOMMER       (Esta Steyn, Saldanha)

Ek wil my ma bel. Ek moet eenvoudig met haar praat. Al is dit net vir drie minute. Ek wil haar stem hoor … ek wil hoor hoe sy vir my sê: ‘My wêreld, is dit jy? En hoe gaan dit? “ …
Maar ek kan nie my ma bel nie. Want die Hemel het nie ‘n nommer nie. Nie onder die “H’s” in die telefoongids nie ; nie eers in die Geel Bladsye nie – dis versommend: in hierdie tegnologiese eeu, met knoppies en rekenaars en satelliete, is daar gee direkte lyn Hemel toe nie.
In desperaatheid droom ek een nag, dat ek deurkom Hemel toe.
“Kan ek asseblief met my ma praat?”,  vra ek. “Sy is Hettie Ellis – net vir drie minute, asseblief?”
“By watter afdeling is sy?” … vra ‘n sagte stem.
“Afdeling? … Sy… sy  is seker by die hekel-en brei afdeling?” Haar hande was nooit stil as sy televisie gekyk het nie, Altyd hekel- of brei penne wat saggies, gerusstellend, klik-klik-klik.
Maar die stem sê:  “Ons het nie ‘n hekel-of brei afdeling nie. Ons is omgewe van die lig … ons word omvou deur Sy warmte …” Hulle dra dus nie klere nie. Hulle brei nie.
“Probeer asseblief die bak-afdeling? “ Natuurlik, sy sal daar wees. Na haar dood het ek naarstiglik die laaste stukkies beskuit uit die blik gaan haal en dit gevries. Ek sou dit nie kon eet nie … ek moes dit hou – sommer net om na te kyk. Maar die stem sê: “Ons het nie ‘n Bak afdeling nie. Ons lewe van die vrugte van die Gees”
Ek bly ‘n rukkie stil. “Probeer asseblief die Tuinafdeling? “ Sy was so lief vir die grond, so deel van die aarde … maar die stem antwoord: “ Ons saai nie en ons plant nie. Ons besit reeds die Ewige Saad”
Ek raak desperaat en ek vra: “Nou watter afdelings is daar dan?”
Die stem is sag en geduldig. “Ons het kore…”
“Kore?” , vra ek, “Ek weet darem nie … sy was nooit juis ‘n voorsanger nie… wat is daar nog?”
Die stem raak nie ongeduldig nie. “Daar is ook hulle wat sit by die voete van die Een wat onderrig.”
“Sit hulle net?”, vra ek nuuskierig. “Ek weet darem nie. Ek het my ma nooit juis sien sit nie”
“Hulle sit en luister na die Stem”
“O! Ja , sy sal dáar wees!”, jubel ek. Ja, ek moes dit mos geweet het! My ma was ‘n simpatieke, en intense luisteraar. Haar oë, haar gesig, haar hele lyf het altyd saam geluister. “Kan ek met haar praat?”, vra ek opgewonde. “Ek is seker sy sal daar wees!”
“Hulle wat luister, word nie onderbreek nie,” sê die stem baie sag.” Maar as jy wil, kan jy kom saamluister”
Die droom is verby. Maar in die more, toe ek my stiltetyd hou, onthou ek dit weer. En toe ek kniel, bid ek nie. Ek luister. En ek hoor ‘n stilte vol vrede … en in die vrede is daar troos. En in die troos is daar Sy arms wat my vashou. En Sy vashou voel soos my ma se lyf … nog beter: volkome.
Ek word bewus van die direkte lyn Hemel toe. Die lyn wat daar was, van die heel begin af. Nog voordat almal so slim geword het. Die lyn wat nooit onderbreek word nie, nooit beset is nie. Die lyn wat verniet is, en waarvoor jy nie eers ‘n rekening hoef te betaal nie. Jy hoef selfs nie eers ‘n nommer te onthou nie.
Want die Hemel is net ‘n stiltetyd, net ‘n kniebuiging vér

 


TO KNOW JESUS

To know Jesus is to know a Friend
To know Jesus is to know a Friend
To know Jesus is to know a Saviour
To know Jesus is to know a Friend
To see Jesus is to see the Way
To see Jesus is to see the Way
To see Jesus is to see Eternity
To see Jesus is to see the the Way

To be with Jesus is to be with God
To be with Jesus is to be with God
To be with Jesus is to be in Heaven
To be with Jesus is to be with God

 


OORWINNINGLIED                      

Ek sien in my gees die glorie en die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde oor Sy koningkryk regeer
Hy’t belowe aan die einde op die wolke kom Hy weer
Hy is Koning Hy regeer!
Loof Hom prys Hom halleluja – 3X
Hy is Koning Hy regeer
Die Here is ons vesting wat vir altyd sal bestaan
Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan
Hy’s ons skuiling Hy’s ons wapen  Hy’t die vyand reeds verslaan
Hy’s die Rots wat ewig staan!
Loof Hom prys Hom halleluja – 3X
Hy’s die Rots wat ewig staan!
Ek dink weer aan die liefde en ontferming van my Heer
En Sy vreugde en Sy vrede wat in oorvloed oor my spoel
Ek loof U Jesus Christus
my Verlosser en my Vriend
Ek bely U as my Heer!
Loof Hom prys Hom halleluja – 3X
ek bely U as my Heer!
Kom deel nou in ons loflied, hef jou hande op na bo
Blaas basuine slaan op dromme en kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning van Sy Woord waarin ons glo
Want Sy Woord sal ewig staan!
Loof Hom prys Hom halleluja – 3X
want Sy Woord sal ewig staan!

 


ALWAYS AND FOREVER

May the road rise to meet you in the morning
May the wind be always at your back
May the sun shine warm upon your shoulders
And may the rain fall soft upon your land
Always and forever may God hold you
safely in the palm of His Hand
Always and forever shine His Light upon your life -     
Always and forever!       

Mag die HERE vooruitgaan op jou paaie
Mag die wind steeds in jou seile bly
Mag die reen sag val op jou velde
En mag die son van genade oor jou skyn
Ewig en vir altyd by die HERE
Veilig in die palm van Sy Hand
Sy Liefde soos ‘n helder lig wat oor jou lewe skyn -               
ewig en vir altyd!

 

 

Lirieke - Hemeldans
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za