Lirieke - Nou Is Die Beste Tyd

Ons asem een asem, ons voete loop saam
Ons liefde my anker, my kroon
Ons hoort bymekaar soos n kers en n vlam
En vrede is die huis waar ons woon ...

Ek sou jou nie nou wou laat gaan nie, ek sou jou nie nou wou verloor
Want nou is die beste tyd n vashou-tyd - genadetyd
En dalk l die mooiste nog voor
So bly nog n rukkie my liefste, vertoef nog n wyle by my
Want nou is die beste tyd - n vashou-tyd - genadetyd
En dalk is dit more verby

Ons kom deur seisoene van seerkry en hoop
Getye van vreugde wat bly
En ons is nog hier om ons paaie te loop
Ja ons is nog hier, ek en jy