Gratis voorsmaak van ons DVD.
HartSpore die DVD is hier!
Daar is alles op waarvan julle sal hou: van die ou-bekende treffers soos Wil jy dans Carina, Meer as Woorde, Vredendal tot Beestekraal, Pienk Sjampanje en Ek hou van Jou , tot splinternuwe liedjies soos Hoor my Hart en Dolfyne!
Tussenin is daar lekker gesels, stories, snaakse goed wat al met ons gebeur het, foto's en wonderlike ervarings van 21 jaar in die musiekbedryf. Hierdie is veel meer as net 'n "live show" ... hierdie is ons "life show"!!
En as bonus, ook nog 'n CD ingesluit met die nuwe musiek daarop.
HartSpore kan, soos al ons ander produkte, ook pos-bestel word.
|