Gastehuis
Francois en Elizabeth Fourie Ligte Musiek Geestelike Musiek Kinderliedjies Bladmusiek
Tuesday, January 19, 2021
[3] Visitors Currently Online
Gastehuis
Voeg by Gunstelinge

Nuusbrokkies


Vir die eerste keer in Hobhouse
Ons was so bly om die oproep uit Hobhouse te ontvang, vir 'n kers-optrede daar, eerskomende Sondag oggend die 13 de Dese

Lees Verder...


Pitkos


If you look for Me ....
If you look for Me at Christmas, You won't need a special star. I'm no longer just in Bethelehem, I'm right there whe

Lees Verder...


Terugvoering


N G KERK LINDLEY 22 NOV
More Elizabeth, Ons gaan dalk volgende jaar weer kuier. Dit was ongelooflik en ons kan nie uitgepraat raak oor die belew

Lees Verder...

 

Ons Gastehuis in Parys 

Besprekings:  elizabeth@efmusiek.co.za   / 0825624323



KOM KUIER OP VAAL DE GRáCE!

Parys is ‘n heerlike naweek bestemming met ons interessante middedorp winkeltjies en restaurante; aktiwiteite soos “river rafting” en “zip-lining”, staproetes, die Vredefort Koepel, River Spa, asook twee lieflike gholfbane. Vaal de Gráce is ‘n gholflandgoed op ‘n eiland net buite Parys.

Die rivier, diere en voël-lewe asook rustige en veilige leefstyl, maak dit die perfekte weg-breek plek. Vaal de Gráce is familie-vriendelik en ‘n gemaklike 1 uur 40 minute vanaf Johannesburg.

Francois en Elizabeth woon reeds die afgelope 10 jaar op Vaal de Gráce en het onlangs ‘n gastehuis, 381 on Grace, ge-open.

Dis ‘n 4 slaapkamer huis vir 8 persone. Elke kamer het ‘n eie badkamer, daar is ‘n volledig toegeruste kombuis, ‘n woonkamer met DSTV, kaggel, en ‘n heerlike stoep vir buite-braai. Linne en handdoeke word voorsien.

Die huis is stap afstand vanaf die Vaal de Gráce Klubhuis, waar ontbyt en ligte etes deur die loop van die dag beskikbaar is.
Hierdie gastehuis is die perfekte keuse vir ‘n gerieflike familie bymekaar-kom, klein konferensie of werks-jaarafsluiting.

Kontak ons gerus aanlyn met navrae! Ons sal julle graag op ons stukkie paradys wil ontvang!




 
       1     2     3     4     5     6     7     8     9    10      


Gastehuis kamer

 

Gastehuis
©2007 - 2019 Francois en Elizabeth (EF Musiek) en hul lisensieerders. Alle Regte Voorbehou.
Webwerf Ontwerp en Diens Verskaffing deur www.edisc.co.za