KOM KUIER OP VAAL DE GRáCE!
Parys is ‘n heerlike naweek bestemming met ons interessante middedorp winkeltjies en restaurante; aktiwiteite soos “river rafting” en “zip-lining”, staproetes, die Vredefort Koepel, River Spa, asook twee lieflike gholfbane. Vaal de Gráce is ‘n gholflandgoed op ‘n eiland net buite Parys.
Die rivier, diere en voël-lewe asook rustige en veilige leefstyl, maak dit die perfekte weg-breek plek. Vaal de Gráce is familie-vriendelik en ‘n gemaklike 1 uur 40 minute vanaf Johannesburg.
Francois en Elizabeth woon reeds die afgelope 10 jaar op Vaal de Gráce en het onlangs ‘n gastehuis, 381 on Grace, ge-open.
Dis ‘n 4 slaapkamer huis vir 8 persone. Elke kamer het ‘n eie badkamer, daar is ‘n volledig toegeruste kombuis, ‘n woonkamer met DSTV, kaggel, en ‘n heerlike stoep vir buite-braai. Linne en handdoeke word voorsien.
Die huis is stap afstand vanaf die Vaal de Gráce Klubhuis, waar ontbyt en ligte etes deur die loop van die dag beskikbaar is. Hierdie gastehuis is die perfekte keuse vir ‘n gerieflike familie bymekaar-kom, klein konferensie of werks-jaarafsluiting.
Kontak ons gerus aanlyn met navrae! Ons sal julle graag op ons stukkie paradys wil ontvang!
|